.
 |
. |
  |
.
Vandag, die Toekoms;
waar Eindig Dit!?
Hierdie blad het te doen met vier
van ons wat saam grootgeword en gestudeer het. Aan die einde van 1957 het
ons plus 'n ander studente maat wat saam met Freek en Jean gewoon het, die
somervakansie saam gewerk by die diamantdelwerye in Oranjemund in die noordwes
Kaap om ons klasgelde vir die volgende jaar te verdien. 'n Hele avontuur
met baie pret reeds op die vier dae trein- en busreis om daar uit te kom.
Ons was, broeders, Bertus (Bert) & Flip (Philip) Blom, neef Jean
Blom, jeugvriend, Frederik (Freek) Tomlinson en 'n nuwe klasmaat, Jan
Boyazoglu - 'n Griek wat net omtrent twee jaar in RSA was
en reeds vlot Afrikaans gepraat het - een van nege tale wat hy magtig
was. Dit was 'n goeie toets vir ons lewenstandaarde omdat ons met mynwerkers
moes saamleef van wie sommige maar erg rof en sedeloos was.
Ons het daarna saam aangegaan, loopbane en families begin en oor en weer
gekuier. Teen die einde van die 1970s het ons kontak begin verloor met
Jean en het hy teen die einde van die 1990s spoorloos verdwyn. Landuit het
ons gedink. Toe ewe skielik in November 2004 het Jean op Flip se naam
afgekom op die internet en kontak gemaak - uit Kanada. Wat 'n blye dag! Flip
het inderhaas vir Bertus en Freek laat weet, en ons gesels weer 'n hond uit
'n bos. Om tred te hou met al hierdie geselsery en ander bestrekinge wanneer
ons weer ingehaal het, het ons 'n hierdie blad begin met 'n blog en 'n foto
album soos op die paneel links.
Die manne saam met Flip se huwelik in 1968

Links na regs: Jean, Bertus, Freek , Flip, Jan en Willem Gaymans.
Willem Gaymans was ook 'n mede loseerder saam met Freek en Jean en het ook
'n intieme deel van ons groep geword. Ons het egter kontak met hom en Jan
verloor, wat ons graag anders sou wou gehad het. Ons hoop en bid dat hulle
weer by ons sal aansluit.
Bertus het 'n argitek geword en hy en Ida woon nou in Denver, Colorado in
die VSA. Jan, Freek en Flip het landbou studeer en Jan en Martie (een van
die Zoeloelandse Badenhortse) woon nou in Rome. Freek en sy Marie woon steeds
in Pretoria, terwyl Flip meeste van die tyd in Israel is.
Hierdie webblad het sy bestaan te danke aan ons manne se re-unie, maar ons
sal hopelik nie daarby bly om oor die hede en verlede in ons persoonlike
lewens te praat nie. Ons gedagtewisseling behoort ons ook voor te berei op
die toekoms wat ons saam tegemoed gaan. As dit nie gebeur nie, was daar nie
veel sin in ons re-unie nie. Ons het bymekaar uitgekom op 'n tydspit
wat moontlik 'n nuwe era inlei as gevolg van die volgende byna gelyktydige
gebeurtenisse:
-
Die begin van 'n verdere vier jaar termyn vir die Bush administrasie
met 'n mandaat vir fermer optrede teen (Moslem) terrorisme.
-
PM Sharon se gedeeltelike sukses om sy "Unilateral Disengagement" plan
op ondemokratiese wyse deur die Knesset te boender - wat "gedroom" word,
sal lei tot verdere ontrekkings van Joodse setlaars en die daarstelling van
'n "Joden-rhein" Palestynse (terroriste) staat met Oos Jerusalem as
hoofstad.
-
Die dood van aards terroris Jassir Arafat wat die valse hoop skep
dat 'n "gematigde" en minder korrupte Palestynse leierskap die leisels
sal oorneem met wie onderhandel kan word - te veel gevra in
'n ongematigde, "Jihad," Moslem kultuur .
-
Secretary of State, Colin Powell se uittrede.
Daarom sal dit goed wees as 'n ieder en 'n elk deelneem aan ons besprekings
op ons
blog
- insluitende miskien familie, ex-familie en vriend wat met ons identifiseer.
Kontak asb. vir Philip,
, met bydraes
- insluitende fotos. Moet nie skroom om Engels te besig nie - ons kommunikasie
sal in elk geval heelwaarskynlik mettertyd "verengels" vir die onthalwe van
ons Engelsprekende familielede - ons wou ons mos na ander land begewe...!
Philip sal ook addresse van die manne, familie en vriende verskaf as hy daartoe
gemagtig word. |